Met die skryf van hierdie werk, het ek beoog om te getuig van my lewensreis saam met vriendinne, sowel as my passie vir vriendskappe. Deur hierdie boek die lig te laat sien, wou ek graag iets aan die kosbare mense rondom my gee wat hul sal inspireer om vriendskap te omarm en vreugde daaruit te put. Daarmee saam het ek skrifgedeeltes en dagstukkie-inspirasies neergepen wat my deur moeilike dae gehelp het. Dit is nie ’n swaar geestelike boek nie, maar ’n projek wat ek glo elke vrou op haar bedkassie kan hou en gebruik vir waarvoor sy dit nodig het op enige gegewe dag.
Tesame met die inspirasie stukke, kry die leser ook die kans om iets wat in haar eie hart leef of ‘n gedagte wat by haar opkom neer te skryf in die “deel jou hart” gedeelte. Selfs dalk ‘n gebed of versugting van haar hart.
Jakes van die Kinderhuis
Price range: R89.00 through R229.00In die hart van ‘n kinderhuis worstel Jakes met sy moeilike verlede en sy geveg vir aanvaarding in die samelewing. In sy soeke na sin en identiteit, vind hy ‘n onverwagte bondgenoot in Anneli, ‘n meisie wat anders na hom kyk en glo in sy ongesiene potensiaal. Te midde van konflikte en misverstande, ontvou ‘n verhaal van groei en selfontdekking, terwyl Jakes poog om die kettings van sy afkoms te breek en sy ware self te vind.
‘n Inspirerende verhaal wat getuig van die krag van verandering en hoop.
