Sy is ‘n dame wat in haar eie wêreld lewe Oor die algemeen stil, maar gretig om veral oor dié dinge te gesels wat haar ná aan die hart lê. Soos haar man, kleuterseuntjie en Yorkie kruising hondjie En boeke.
Léés Skryf Skeppend wees Die móói dinge in die lewe, maar tog die eenvoudige Iemand wat slap chips bó ‘n viergang maaltyd verkies. Wat graag kaalvoet loop en van stilte hou Trane ís daar al gestort in haar lewe, maar dis moeilik om te glo wanneer jy hoor hoe sy lag uithaar máág Sy vra graag vrae, maar praat nie maklik oor haarself nie.
Sy is baie privaat, maar tog ‘n oop boek Perfeksionisties tot die punt waar sy haarself irriteer, maar sagter op ander mense. Liefdadigheid laat haar hart vinniger klop en onregverdigheid maak haar kwaad Sy skryf oor hoop, onvoorwaardelike liefde, geloof en uithouvermoë. Oor mense wat geval het maar weer opgestaan het Sy wil die goedheid van Hom verkondig, sonder om te preek Sy wil net sý wees, haar eie ding doen… Lééf
Die hart van ma en vrou
R239.00Deur Die Hart Van Ma en Vrou hoop ek om elke vrou daar buite inspirasie te gee. Ek bid dat jy God se liefde sal ervaar en raaksien in alles om jou en met elke situasie wat jou pad mag kruis. ‘n Boek vir elke vrou, ma, ouma, suster, vriendin, dogter….JY vrou, is ‘n stuk goudJY vrou, is mooi al word jy oudJY vrou, hou op met jouself wroeg

Reviews
There are no reviews yet.