Sy is ‘n dame wat in haar eie wêreld lewe Oor die algemeen stil, maar gretig om veral oor dié dinge te gesels wat haar ná aan die hart lê. Soos haar man, kleuterseuntjie en Yorkie kruising hondjie En boeke.
Léés Skryf Skeppend wees Die móói dinge in die lewe, maar tog die eenvoudige Iemand wat slap chips bó ‘n viergang maaltyd verkies. Wat graag kaalvoet loop en van stilte hou Trane ís daar al gestort in haar lewe, maar dis moeilik om te glo wanneer jy hoor hoe sy lag uithaar máág Sy vra graag vrae, maar praat nie maklik oor haarself nie.
Sy is baie privaat, maar tog ‘n oop boek Perfeksionisties tot die punt waar sy haarself irriteer, maar sagter op ander mense. Liefdadigheid laat haar hart vinniger klop en onregverdigheid maak haar kwaad Sy skryf oor hoop, onvoorwaardelike liefde, geloof en uithouvermoë. Oor mense wat geval het maar weer opgestaan het Sy wil die goedheid van Hom verkondig, sonder om te preek Sy wil net sý wees, haar eie ding doen… Lééf
Hoor my stem
Price range: R59.00 through R149.00Die gevoel van magteloosheid is een van die ergste emosies wat enige mens kan ervaar. Daardie gevoel dat jou hande vasgemaak is of dat jy in ‘n hokkie vasgekeer is en jy kan nie daaruit kom nie. My gebed is dat elkeen wat hierdie boek lees, sal ervaar hoe getrou God in Sy beloftes is. Al voel dit soms onmoontlik, weet net dat jy nie alleen is en as niemand anders jou stem hoor, God hoor elke versugting van jou hart. Hy ken jou pyn, Hy sien jou trane en wat vir ons onmoontlik lyk, is vir Hom moontlik. Ek bid ook dat die wêreld daar buite sal luister en elke kind wat deur die hel van seksuele mishandeling gaan, se stem duidelik gehoor sal word. My bede is dat hierdie boek genesing en herstel sal bring.
Moenie ophou praat, moenie ophou soek na genesing, moenie dat jou stem doodgedruk word nie. God wil ‘n hele JY hê. Laat jou stem gehoor word, sodat daar ‘n platform geskep word vir hierdie stukkende wêreld van seksuele misbruik en mishandeling.

Reviews
There are no reviews yet.