Adri word op Langverwacht gebore, onbewus van die draaie wat haar lewe sou neem. ’n Verkeerde keuse lei haar na die Karoo, vasgevang in ’n toksiese huwelik met George, wie se donker kant haar en haar kinders se lewens bedreig. Ná vyftien jaar vlug sy na Bredasdorp om nuut te begin. Deur geloof en deursettingsvermoë bou sy ’n veilige lewe vir haar gesin. Jare later bring George se dood onverwags nuwe onrus en geheimenisse wat ou wonde oopkrap.
Die Hoop Beskaam nie
Price range: R99.00 through R209.00Siegfried, ‘n eenstrotse man, leef afgesonder op ‘n strand naby die Kaap, sy hart verstrengel in die verlange na sy verlore vrou, Jovanna. Ná jare van wag op ‘n skip wat haar terug sou bring, begin sy hoop vervaag. Wanneer Lillie, ‘n fyn, dog sterk vrou, in sy lewe verskyn, verander alles. Haar warmte en deursettingsvermoë bring ‘n nuwe doelwit vir hom. Stadig maar seker word hy losgeruk uit sy selfopgelegde isolasie. Die verhaal kronkel deur verlange, aanvaarding en die uiteindelike bevryding van die verlede. Siegfried ontdek ’n nuwe lewe, ‘n familie wat hy nooit verwag het nie en ‘n tweede kans op liefde en tuiskoms.
Die Hoop Beskaam Nie is ‘n verhaal van verlore drome, rou pyn en die onverwagte skoonheid van ‘n nuwe begin

Reviews
There are no reviews yet.