Sybie Kleynhans is gebore op die plaas Kleynhansrust en het later in sy lewe gaan boer en ’n deeltydse grootwildjagter geword. As gevolg van die droogte word hy genoodsaak om hom uit te leef as landboubeampte en natuurbewaarder. Hy kry die wonderlike geleentheid om sy seun Ryan op ’n wildsplaas groot te maak. Sybie het net ’n manier om ’n storie te vertel en in sy woorde: “Ek dink dit is die heeldag se werkery in die veld met diere wat meegebring het dat ek dieretaal begin praat het. Dit is maklik, want jy moet die veld en sy bewoners liefhê, verstaan; jy praat met jou hart, verstaan met jou emosies en gebruik jou siel om die woorde neer te pen,” en dit doen hy gewis.
Hierdie bundel stories beleef jy saam met Sybie in die veld saam die diere wat hy so lief het.
Tyd van die Leeu (Groot Druk)
R319.00In Tyd van die Leeu, deur Sybie Kleynhans, volg ons die lewe van Gerhard Brandt, ’n stoere Vrystaatse boer met ’n
donker verlede en ’n hart vol geheime. Wanneer sy geliefde, Chiara, ‘n Italiaanse magnaat met groot ambisie, besluit om
hulle romantiese idille vir ‘n wêreld van luuksheid en besigheid op te gee, word Gerhard gedwing om sy prioriteite te
hersien. Terwyl spanning tussen hulle toeneem, word hulle lewens ingewikkeld deur die dreiging van kriminele invloede
en politieke spanning binne ’n geheimsinnige beweging…

Reviews
There are no reviews yet.