Sybie Kleynhans is gebore op die plaas Kleynhansrust en het later in sy lewe gaan boer en ’n deeltydse grootwildjagter geword. As gevolg van die droogte word hy genoodsaak om hom uit te leef as landboubeampte en natuurbewaarder. Hy kry die wonderlike geleentheid om sy seun Ryan op ’n wildsplaas groot te maak. Sybie het net ’n manier om ’n storie te vertel en in sy woorde: “Ek dink dit is die heeldag se werkery in die veld met diere wat meegebring het dat ek dieretaal begin praat het. Dit is maklik, want jy moet die veld en sy bewoners liefhê, verstaan; jy praat met jou hart, verstaan met jou emosies en gebruik jou siel om die woorde neer te pen,” en dit doen hy gewis.
Hierdie bundel stories beleef jy saam met Sybie in die veld saam die diere wat hy so lief het.
Volmaan oor die Vaalrivier (Grootdruk)
R309.00Tussen die Vaalrivier, wilde diere, ou wonde en nuwe liefde moet Wolf en Anneline uiteindelik besluit of hulle bereid is om alles te waag vir iets wat geen van hulle kan koop of beheer nie.
Want soms begin die grootste liefde juis waar twee mense besluit om nooit op mekaar verlief te raak nie.
Sy wou sy plaas hê. Hy wou haar nooit hê nie. Maar die liefde het ander planne gehad.

Reviews
There are no reviews yet.