Lorinda de Waal se eens lieftallige man, is deur drank verander in ’n monster. Haar nagmerriehuwelik eindig uiteindelik in ’n tragedie, waarin Chris en haar ongebore baba dood is.
Gustav Brink is daar om die stukke op te tel, maar selfs hy kan niks doen aan die diep depressie waarin Lorinda verval het nie. Uiteindelik moet hy haar laat gaan om haar te help, en stadig maar seker tel Lorinda weer haar lewensdrade op.
Die pad na heling kry egter weer ’n knou toe sy onverwags met haar verlede gekonfronteer word. Gareth Banning krap nie net weer ou wonde oop nie; hy plaas die blaam vir Chris se dood vierkantig voor Lorinda se deur.
Vasgevang saam met die rockgroep, die Wilders, moet beide Lorinda en Gareth – die leier van die rockgroep – die waarheid probeer verwerk, al bring dit op die uiteinde net hartseer en verdriet.
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.