‘n Droom vir Marilaine is die verhaal van ‘n vrou in haar laat vyftiger jare. Haar lewe was nooit net maanskyn en rose nie. Sy moes van vroeg af leer hoe om op haar eie voete te staan.
Marilaine word dan skielik afbetaal by haar werk. Sy is onseker oor wat die toekoms vir haar inhou. Hierdie skielike omwenteling laat haar twyfel in haarself. Gelukkig is dit van korte duur. Haar goeie vriendin kom met ‘n voorstel wat haar hele lewe ten goede omverwerp.
Sy leer van vooraf wat dit is om op die Here te vertrou. Sy pluk dan ook die vrugte van haar geloof.
‘n Roman wat by die alledaagse vrou, aanklank sal vind.
Glanspad ôf Stofpad
Price range: R119.00 through R299.00Anri kyk verontwaardig na die ses voet vier … en ‘n halwe duim lange man en wens sy was ’n man … ses voet výf duim lank … en met net sulke groot hande soos syne, dan sou sy hom behoorlik gefoeter het omdat hy steeds nie maniere het nie. Anri dink daaraan dat sy nie normaalweg die veglustige tipe is nie, maar as die eerste man waarop sy verlief is … en sy rol haar oë en skud haar kop … die man is ‘n buffel besluit sy, trek haar pragtige lyfie penregop en kyk uitdagend na hom…

Reviews
There are no reviews yet.