Bennet Malan se rustige bestaan op die plaas Kwikkiesdrif word ontwrig wanneer sy geliefde ouma, Belle, ná ’n ernstige val ’n versorger benodig. Die oplossing kom onverwags in die vorm van Adri Langeveldt – ’n bekwame, selfstandige verpleegsuster met ’n vurige rooikoptemperament. Saam met haar lewenslustige sussie, Daleen, bring sy ’n vars dinamiek na die plaas.
Terwyl Adri en Bennet vir Ouma Belle se welsyn saamwerk, begin hulle ’n onmiskenbare aantrekkingskrag ontwikkel. Adri is egter versigtig – sy het nie tyd vir ingewikkelde verhoudings nie. Bennet, op sy beurt, is ’n geswore oujongkêrel, maar sy hart begin sag word vir die rooihaar verpleegster wat sy plaas en sy lewe omkrap.
Met humor, romanse en ’n tikkie plattelandse intrige ontvou ’n storie van liefde, tweede kanse en die wonder van die natuur – met ’n donkie genaamd Fiona wat sorg vir ’n onverwagse kinkel!

Reviews
There are no reviews yet.