Ester, bekend as die baba engel waar sy die vroedvrou in die klein hospitaaltjie by die see is. Sy doen gestand aan haar naam. Onder leiding van Ou-Dok, haar geliefde vriend en mentor, het sy uitsonderlike vaardighede in haar veld geleer. Moeders en babas deurentyd haar grootste prioriteit.
Daar kom ook uitdagings op haar pad wat haar byna van koers gooi. Soos die afsterwe van haar en die gemeenskap se geliefde Ou-Dok. Vertroosting kom en haar unieke lewensuitkyk, en ingeboude integriteit hou haar egter op koers.
Dan is daar David, Ou-Dok se seun wat met haar emosies kom smokkel. Met sy agterdog en harde woorde, bring hy ook haar toorn te voorskyn. Hy sal egter moet leer dat daar net een soos Ester is.
As dit nie vir Kandas, Ester se geliefde kat wat duidelik gek oor David is nie, sou sy dalk nie haar renons en skeptiese gevoel kon hokslaan nie. Soos met alles wat sy doen, stap Ester die pad wat vir haar uitgelê is met grasie. David vind uit dat Ou-Dok se Ester, soos die gemeenskap na haar verwys, baie spesiaal is. Hy sal waarlik sy beste voetjie moet voorsit om die verhouding tussen hulle te herstel. Hy hoop egter dat hy nie met sy gedrag ʼn ewige wig tussen hul ingeslaan het nie.
Ingrid, Ester se boesemvriendin moet kraam, en natuurlik wil sy niemand anders as Ester hê om haar deur die ervaring by te staan nie.
Gaan Ester hierdie uitdaging alleen kan baasraak?
Jy proe soos pannekoek (Groot Druk)
R219.00In ’n klein kusdorpie waar almal mekaar ken, leef matrone Sheila Fick ’n rustige, goed-geordende lewe. Haar dae word
gevul deur die hospitaal, haar tuin en haar geliefde kat, Kotie. Maar onder die kalm oppervlak lê ’n verlange na iets
meer – na liefde, na ’n gesin wat nooit vir haar beskore was nie. Wanneer die stil, aantreklike dokter Michael
Wellington en sy rooikopseuntjie, Carl, in die huis langs hare intrek, begin Sheila se veilige wêreld stadig verander.
Michael dra die letsels van verlies, en Carl smag na warmte en avontuur. Tussen melkskommels, plaasbesoeke en klein
dorpsgeheime groei ’n brose band – een wat harte kan genees …

Reviews
There are no reviews yet.