Tyron en Beth se professionele loopbaan as tjelliste begin wanneer Ina Dimicelli en John Krige hulle eerste uitvoering reël tydens hul eerste Universiteitsvakansie. Dit is dadelik vir almal daar teenwoordig duidelik dat die twee jongmense ’n baie, baie uitsonderlike talent het.
Voor hulle nog hul musiek-grade voltooi het, speel hulle al die wêreld aan die brand en hul verhoog naam – Twinz – word alom bekend.Twee jaar nadat hul hulle meestersgrade in musiek behaal het, word hulle na hul toer na Suid-Afrika, genooi om in Las Vegas by die Mejuffrou Heelal-funksie te speel. Dit is waar die beeldskone Alandra Quintero in Tyron se arms beland. Sy besluit net daar, hy is beslis die man met wie sy gaan trou.
Beth vind ook liefde by die toergids wat hulle toer gelei het tydens hul besoek aan Suid-Afrika.Die tweeling is baie gelukkig en dankbaar dat hul Vader hulle so seën.
Wanneer hulle dit die minste verwag, slaan die noodlot egter toe. Wie se lewe is dit wat verwoes word deur leuens en verraad?Gaan hulle daardeur kom en steeds suksesvol wees?
Skaakmat
Price range: R99.00 through R359.00Eliana Moore beland vasgevang in die invloedryke Malan-familie se glansryke, maar verstikkende wêreld. Agter luukse
hotelle, internasionale jag-ekspo’s en ’n sogenaamd onberispelike familienaam skuil manipulasie, beheer en stil
wreedheid. Wanneer sy verlief raak op Cameron Malan, erfgenaam van ’n magtige jagryk, word sy onwetend ’n pion in ’n
groter magspeletjie. Cameron moet kies tussen familieplig en die vrou wat sy hart onherroeplik verander het. Terwyl sy
dominerende moeder alles in haar vermoë doen om beheer te behou, word Eliana se geloof, selfwaarde en volharding tot
die uiterste beproef.

Reviews
There are no reviews yet.