“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R149.00
“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
Op ’n klein ruimteskip Die Kaaskomeet …
Daar woon vier dapper klein muisies. Zippi, Zoefie, Ziggi en Pippel!
Maar oppas …
Daar is ’n groot kat met skerp kloue wat in die donker tonnels skuil!
Wanneer Ma-Muis kos gaan soek, doen die muisies iets wat hulle nie moet nie …
Wat sal gebeur as hulle Kat-ra-tat ontmoet?
Kom saam en beleef die reis na ’n nuwe huis op ’n planeet vol glinster, vriende en hope pret!
“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
You must be logged in to post a review.
Spore wat ons trap, spore agtergelaat, spore teen ʼn Namib rooiduin se sandspore teen die rante van Namakwalandspore oor die son, sterre en maan, spore van die liefde agtergelaat en oor sovele ander dinge wat sovele sal verstaan, spore in die nagspore in die dag spore regoor die Namib ook oor Namakwaland oor die gemsbok en die blommeprag. Al hierdie spore en meer het ek getrap, kom stap nou saam op my spore en vind dalk jou eie daar …
“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.
“Die lewe gee ons ruimte om dit te vul met gedagtes van onthou wanneer ons vereensaamd voor die oudag staan.
Maar dit gee ook aan ons die voorreg om dit te kan dit uithaal en herleef en daarom is daar geen lewe sonder betekenis nie. Jou keuses wat jy maak, bepaal jou lewe of jou lot”
Die aangrypende woorde van Heleen Malherbe wat tussen die lyne van elke bladsy vasgevang is gee hoop aan soveel ander vasgevang in die lewe se soms bose kringloop van keuses.
ʼn Christelike bundel met ʼn tikkie liefde
Stukkies van my hart is geskryf oor ’n tydperk in Lena Olwage se lewe na die dood van haar ouers en haar bekering.
Die gedigte handel oor die kruisiging, opstanding, haar grootwordjare asook haar ouers en weeskinders, hoewel sy nooit ’n weeskind was nie.
Die doel van die bundel is om haar ervaringe te deel en terselfdertyd vir die leser berusting te bring.
Dirk van Zyl verkry sy inspirasie vir skryf uit sy eie lewe. Sy oë sien raak wat min mense kan sien, en dit is ‘n gawe wat hy ontvang het.
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2025 bring ’n kaleidoskoop van Afrikaanse digkuns byeen – van gevestigde stemme tot vars nuwe talent. Hierdie ryk en veelstemmige versameling bied ’n uitsonderlike blik op die siel van ’n volk in gesprek met sy verlede, hede en toekoms. Die bundel bevat liriek wat wissel van die introspektiewe en spirituele, tot die sosiaal-bewuste, satiriese en selfs eksperimentele. Temas soos liefde, verlies, geloof, identiteit, taal en die natuur word met vars verbeelding en opregte emosie verken. Of jy ’n digkunsliefhebber is of nuut aan die genre, Die Nuwe Era Groot Verseboek 2025 sal jou laat stilstaan, nadink en dalk selfs weer laat droom.

Reviews
There are no reviews yet.