Na twee mislukte huwelike en ’n dogter wat haar verag, het die drie en vyftigjarige Esta Coulson nooit kon droom dat die dag wat sy in die Kaap land, haar hele lewe sou verander nie.
Terwyl Esta by haar niggie kuier, ontmoet sy Lance Damian. Die Spanjaard slaan haar voete onder haar uit die oomblik wat sy in sy donker oë kyk. Hy laat haar vir die eerste keer in haar lewe soos ’n ware vrou voel. Maar… Sy keer vir die vale om haarself intoom te hou in die man se teenwoordigheid, sy dra te veel bagasie met haar saam om ’n man weer naby haar toe te laat.
Iets gebeur dan wat haar vrymaak van die las en veragting wat sy al die jare soos ’n vernietigende kankergewas met haar saamgedra het. Dit laat haar besef sy het nog ’n kans gekry in die lewe. ’n Kans op ’n nuwe begin.
Liefde op ‘n leë doek (Groot Druk)
R169.00Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

Reviews
There are no reviews yet.