R179.00

Onuitputlik

(1 customer review)

Jaag nie die lewe na nie maar leef ‘n oomblik vir ‘n oomblik

PAPERBACK
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-208-0 128 2019-04-17 Afrikaans N/A

Meet The Author

Jaag nie die lewe na nie maar leef ‘n oomblik vir ‘n oomblik.

Book Type

Language

Age Group

1 review for Onuitputlik

  1. marsdrey

    Hierdie bundel is ʼn lewens getroue weerspieëling van die digters se lewe. Die opregte emosie, meegevoel vir haar medemense, liefde en vertroue in haar Skepper kan in al haar verse raak gelees word. Haar liefde en vertroue op haar Vader vorm ʼn deurlopende draad deur die bundel.
    Haar ontbering, seer en hartseer van haar kinderlewe vorm ʼn groot deel van die emosie in haar verse. Sy gesels openlik daaroor in haar verse Lappop, Hoe voel dit, Ek weet ek kan vergelyk, Geheue verlies, Poplap se lyfie en Pa se af sterwe.

    Haar mislukte huwelik, en die spoke wat sy daar moes beveg, omskryf sy treffend in haar vers Sprokies huwelik, waar haar drome in algehele paradoks is met haar ondervinding.

    Die vervreemding van haar kinders kom ook in haar verse voor en is hartverskeurend en treffend maar hoopvol weer gegee in Liefling kinders, Blou oog seun, Sonneblom Meisiekind, Vervreemd en Haar dag.

    Ook die gemis van ‘n moeder met die dood van haar seun wat oorlede is van ʼn dierbare vriendin, plaas sy haarself met haar omgee hart in die skoene van hierdie vriendin, gee sy met gevoel en passie die seer en gemis weer in, Engelkind & Sterk seun.

    Die treffende vers Mamma se afsterwe, waarin sy haar gemis weergee te midde van al die vrae wat onbeantwoord gebly het tussen hulle.

    Haar omgee hart word bloot gelê in haar verse vir haar vriendinne. Nuwe begin is die pragtigste ode aan ʼn vriendin met die mooiste wense vir ʼn wonderlike toekoms. In My vriendin, gee sy die pragtige herinnering weer van haar vriendin wat sy skielik aan die dood afgestaan het.

    Haar liefde en waardering vir haar sussie, gee sy pragtig weer in die vers My sussie.
    Tog is daar ook die verse met ʼn ligter element in. Verse met ʼn ligte, vrolike trant wat jou net wil laat huppel en dans. Verse van nuwe liefde en hoop, van ʼn mooi toekoms en samesyn. Haar treffende vers oor die natuur, Prentjie mooi natuur, wat jou die mooi in jou geestesoog kan laat sien en die reuk van die natuur kan laat ruik so goed is dit beskryf.

    Die vreugde van nuwe liefde, en vooruitsig van ʼn toekoms vol sonskyn en lag wat sy pragtig en vrolik weergee in Verlief, Jy is myne, Skippie, Ek hang aan jou hart en Dans.
    Mandy Mulder, het soveel seer, teleurstelling, verraad, geestelike en liggaamlike mishandeling in haar lewe beleef, hierdie emosies het sy oneindig puik in haar verse weergegee. Telkens weer herinner sy jou aan haar liefde en diepe verhouding met haar Vader en troos sy met die pragtigste gebede.

    Sy lê haar hart en siel in hierdie bundel bloot. Geen mense sal hierdie bundel kan lees en onaangeraak gelaat word nie. Ek is vas oortuig dat mense wat dieselfde seer in hul lewens deur moes gaan, hierdie bundel uiters terapeuties sal vind.

    Mandy baie geluk met ʼn baie diep mooi bundel, dankie vir die deel van jou siel.

    Marsofine Krynauw

Add a review