EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

In die naam van liefde

Price range: R89.00 through R199.00

TToe Marlie en Anton mekaar ontmoet, lyk dit soos ’n sprokie wat waar geword het — twee siele wat in mekaar se liefde rus vind. Maar agter sy sagte woorde en oënskynlike toewyding skuil iets donker, iets wat stadig aan hul huwelik begin vreet. Sy laatnagte by die werk, sy wispelturige buie, en die reuk van alkohol wat sy probeer ignoreer, word die vonke van ’n hel wat stadig ontvlam.  Terwyl Marlie veg om haar man se liefde te red, moet sy die verskriklike waarheid in die oë kyk: liefde kan nie altyd red nie — soms vernietig dit.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ou liefde roes nie

Price range: R39.00 through R139.00

Die lewe het vir Mari lelike kurwes gegooi. Sy besluit om na al die ongelukkige jare in die stad, terug te keer na haar plattelandse tuisdorp, waar sy hoop sy weer vrede sal vind. Maar haar planne om ‘n stil lewe te lei, word omvergegooi wanneer Japie Basson, haar ou skoolliefde, onverwags by haar voordeur opdaag. Dieselfde Japie wat haar hart as jong meisie, in seweduisend stukkies gebreek het.
Die soet kom saam met die bitter toe sy besef dat sy na alles, steeds lief is vir hierdie man!. Hulle spandeer ’n aand saam, en soos die noodlot dit bepaal, sy raak swanger. Nie net met een baba nie, maar drie!
Wat volg is ’n verhaal vol nostalgie, humor en emosie. Die storie ontvou met onthullings oor die verlede en dinge wat nie altyd volgens plan verloop nie. Gaan Japie haar bystaan met die swangerskap en deel word van Mari en die drieling se lewens, of gaan hy die pad vat en wéér haar hart breek?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Leesgenot 4

Price range: R89.00 through R259.00

3 Verhale in 1
Drie uiteenlopende stories Drie uiteenlopende vroue…Stories van onvoorwaardelike liefde.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Haar woorde is kaal

Price range: R89.00 through R219.00

Leeg is haar woorde, net soos die ore op wat dit val. Louise Viljoen het nog nooit regtig ingepas nie. Niemand het haar nog ooit, in haar kort lewe, verstaan nie, en dit het alles begin met haar geboorte. Hoe pas ‘n mens in ‘n wêreld wat jou nie aanvaar, verstaan of wil hê nie? Hoe leer jy jouself aanvaar as jou eie familie dit nie kan doen nie?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartsverlange

Price range: R79.00 through R199.00

Hartsverlange is nie jou gewone roman nie. Dit vertel die verhaal van ‘n gesin soos ons dit in ons lewens ervaar, die realiteit, die hegte gesinslewe tussen ouers en kinders en die onderonsies tussen kinders. Die titel Hartsverlange laat ‘n mens wonder in die begin maar soos die wel en wee van die gesin aangaan, kom die hartsverlange na vore.
Tina was in ‘n motorongeluk en in ‘n koma … Gaan Tina se lewe ooit weer dieselfde wees as voor die ongeluk?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pêrel

Price range: R99.00 through R299.00

In Pêrel word verskeie sensitiewe kwessies met deernis aangeraak. Die leser word deel van Mirna en Dylan se wêreld en ervaar die oomblikke van hartseer en vreugde saam met hulle. Die lewe is beslis nie altyd maanskyn en rose nie, maar is vol kosbare oomblikke en genotvolle herinneringe wat alles die moeite werd maak. As jy besluit om die lewe deur God se oë te sien, kan en gaan jy bo jou omstandighede uitstyg.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vuurdans

Price range: R99.00 through R289.00

Die geraamtes in Meredith Heights en Pembroke kry met skrikwekkende gevolge lewe. Owerspel het twee kante: die wat dit pleeg en die wat aan die ontvangkant is. In Meredith Heights en Pembroke se verlede, soos in die hede, is die liefde die wilde kaart, die groot verdriet en groter vreugde. Of die einde gelukkig gaan wees vir Anesta en Mike, kan die eksentrieke Matilda selfs nie eens met behulp van teeblare voorspel nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hoer van die karoo

Price range: R99.00 through R299.00

Hoer van die Karoo is ‘n tipe drama, tragi-komedie. Dit gaan oor ‘n losbandige boeremeisie wat op 17 swanger raak en nie weet wie die kind se pa is nie. Dan loop sy weg van die huis af en reis deur verskeie Karoo dorpies waar sy of self verwoesting saai, of deel word van ander mense se verwoesting totdat sy uiteindelik ‘n stabiele man ontmoet wat haar lewe handomkeer verander.
Haar lewe is nie altyd maklik nie en elke nou en dan skemer haar rebelse streep deur. Omdat sy nie die kind kan verdra nie, gaan die boek ook oor die verhouding tussen ma en kind. Daar volg latere swangerskappe, drama en op die einde word die sirkel voltooi wanneer sy teruggaan om haar familie te gaan besoek.
Haar ma het haar destyds verag vir wat sy gedoen het en het in die proses haar familie van haar vervreem. Daar is baie drama asook komedie maar ook heelwat lewenslesse.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Lolla se verhaal

Price range: R39.00 through R139.00

Lolla Morton het groot geword op die bende geteisterde Kaapse Vlakte. Haar ouers is tik-verslaafdes, maar Lolla het al vroeg besef dat sy beter van die lewe wil hê. Haar geleentheid kom dan ook, maar saam met haar nuwe lewe moet sy baie dinge opoffer. Sy word vervreemd van haar ouers, want hulle pas nie in haar nuwe lewe in nie.
Dat die lewe nie regverdig is nie, besef sy gou wanneer sy uitgewerp, verstoot en mishandel word. Sy beland in ‘n Noord-Kaapse dorpie, alleen, honger en met geen heenkome nie. Vrees verander later in haat wat haar hele wese inneem.
Maar dan gebeur iets wat haar dwing om terug te gaan na die plek van seerkry. Met ’n hart vol haat het sy gegaan, maar sy het nie God se planne met haar in berekening gebring nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page