O, nee! Iets vreesliks is aan die gebeur in die see! Bottels, blikkies, vislyne en selfs motorbande dryf oral rond. Die
see is siek – dis die groot SB-epidemie! Gelukkig is Sara Seekat en haar beste maat Sanna nie bang vir ’n bietjie
avontuur nie. Wanneer diere siek, vasgekeer en hartseer by die seehospitaal aankom, besluit die twee vriendinne: genoeg
is genoeg! Hulle maak ’n dapper plan om al die rommel uit die see te kry – en om dit sommer reg by die mense terug te
besorg! Want hoekom moet seediere ly oor mense se morsigheid? Kom duik saam met Sara en Sanna deur borrels, seewier en
golwe vol opwinding. Ontdek hoe klein seekatte ’n groot verskil kan maak en leer hoekom dit so belangrik is om ons
planeet skoon te hou. ’n Pretvolle, kleurvolle verhaal oor vriendskap, moed en die krag van saamwerk – met ’n boodskap
wat elke jong diereliefhebber sal onthou: Hou die see skoon, red ons wêreld!
Chuckey en Vriende Boek 2
Price range: R55.00 through R129.00Op ’n dag gaan Struisie en sy maats – Donsie, Chuckey, Dirkie en Prins William, vir ’n stap langs die rivier. Donsie waag dit in die water, maar beland in groot moeilikheid! Paniek slaan toe … wie kan Donsie help?
