Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?
Vrees as Metgesel
Price range: R99.00 through R359.00In Vrees as Metgesel neem die skrywers jou op ’n spanningsvolle reis deur stegies van misdaad, raaisels en die onbekende. Hierdie keur van 38 kortverhale delf in die donker dieptes van die menslike psige – waar skuld, geheime en wraak soos skaduwees teen die mure fluister.
Van dorpsplekke met bloedbevlekte verlede tot tydreise vol misterie, van geheime biblioteke tot moord onder die silwer maan, is elke verhaal ‘n unieke speurtog wat lesers aan die raai hou tot die laaste sin.
In Vrees as Metgesel word jy saam met ’n reeks speurders, gewone mense én geheimsinnige figure ingesleep in stories waar niks is soos dit lyk nie.

Reviews
There are no reviews yet.