Ashton Wilson, ’n baie suksesvolle Kommersiële Eiendomsagent, woon saam met sy vrou Deandra, sy tienjarige seun Brent, en sy sesjarige dogtertjie Cami, in die vooraanstaande Marine Estate in San Diego, Verenigde State. Deandra werk net halfdag by Blanca, Claassen en Stone, en namiddae is sy by haar kinders. ’n Baie gelukkige familie, met ’n baie hoë lewenstandaard.
Een wintersdag raak Ashton skielik ongesteld en laat sy vrou weet hy gaan dringend hospitaal toe. Sy oortuig hom om saam met hom te gaan, maar wanneer sy tuiskom is hy nie daar soos afgespreek nie. Elf jaar na hulle troue verdwyn Ashton Wilson net spoorloos en los haar met al die finansiële las vir sy hoë leefstyl.
Oornag sit Deandra nie net met die skuldlas nie, maar ook twee klein kindertjies aan wie sy moet probeer verduidelik wat van hul vader geword het.
Die speurders verdink haar daarvan dat sy kop in een mus is met haar man, en hulle so die skuldlas wil probeer ontglip. By al die emosionele spanning met haar man se verdwyning, kom sy nog agter dat sy agtervolg word en vind later ’n afluisterapparaat in haar huis. Sy bedank haar werk en verhuis na haar ouers in Arizona om haar kinders te beveilig.
Hierdie is net die begin van Deandra Wilson se hel. Word haar man ooit gevind, lewend of dood? Hoe hanteer haar kinders hul vader se verdwyning? Sal Deandra Wilson ooit antwoorde kry op die duisende vrae wat sy en haar kinders het?
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026
Price range: R129.00 through R329.00Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.
Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.

Reviews
There are no reviews yet.