Boek 1 van die Dirk Pienaar Trilogie
Wanneer Dirk van die Oorlog af terugkom, vind hy die graf van ‘n kindjie en die afgebrande murasie waar sy huis was. Maar, was dit die Engelse soldate wat dit gedoen het, of iemand anders?
Soos enige goeie boek, gryp Thola Sana jou verbeelding van die eerste bladsy af aan. Van daar is dit een fees van aksie, intrige en liefde wat die leser boei tot op die heel laaste bladsy. Die einde laat ons egter met ‘n hele paar vrae.
As ‘n hoofkarakter is Dirk die perfekte held, alhoewel hy dapper en edel is, het hy ook foute. Sy ongeduld, humeur en impulsiwiteit kry hom telkens in die moeilikheid. Sy liefde vir die skoner geslag laat beland hom telkens in die warm water en verskaf hom groot persoonlike hartseer.
Hierdie boek is egter nie geskik vir sensitiewe lesers nie.
As die pad vurk
Price range: R109.00 through R229.00Twee seuns sit langs die Vaalrivier en maak ’n bloedeed: wat ook al die lewe bring, hulle sal altyd mekaar se broers bly. Maar die lewe het ander planne. Wanneer Donald Mackay skielik sy ouers in ’n tragiese ongeluk verloor, stort sy wêreld in duie. Die familieplaas verdwyn, sy toekoms word onseker en die mense wat hy vertrou, draai teen hom. In die skadu van verlies en verraad ontdek hy egter ook iets onverwags — ’n intense liefde wat grense, ouderdom en gevaar trotseer. Terwyl geheime ontvou en geweld al nader kruip, besef Donald dat elke keuse ’n prys het. In ’n land waar die wêreld vinnig verander, staan hy voor ’n vurk in die pad: vlug van sy verlede… of veg vir alles wat van hom gesteel is. Soms verander een besluit ’n hele lewe. En soms begin die ware stryd eers wanneer die pad vurk.

Reviews
There are no reviews yet.