Kan liefde ’n tweede kans kry wanneer die seer van die verlede nog vars is?’ Karen het lankal geleer om op haar eie te staan. Sy het haar lewe rondom haar klein seuntjie gebou en probeer om die foute van haar verlede agter haar te laat. Tot Ludolf onverwags weer in haar lewe verskyn – en alles wat sy so sorgvuldig weggesteek het, na vore kom. Ludolf het haar nooit vergewe vir wat sy jare gelede aan hom gedoen het nie. Nou het hy boonop ontdek dat hy ’n seun het van wie hy niks geweet het nie. Hy is vasbeslote om sy plek in sy kind se lewe in te neem, al beteken dit dat hy weer met Karen moet baklei. Maar hoe langer hulle gedwing word om saam te wees, hoe moeiliker word dit om die ou gevoelens te ignoreer. Soms moet ’n mens eers deur die seer van gister werk voordat die hart weer kan liefhê.
Bakhandstories
R209.00Bakhandstories is ‘n versameling van gedigte, kort stories en satires van vier skrywers wat jou neem op ‘n kreatiewe Damakustog deur die hoogtes en pleine van die menslike psige. Hulle pluk sterre uit die kosmos en wys die leser die omvangrykheid van die mens se denkvermoë, selfs verby ruimte en tyd. Die skrywer neem jou op ‘n binne-menslike epiese tog van liefhê, verlies, donker, lig en lag, want dis deel van lewe. Op selfsoortgelyke wyse as die Skepper, poog die skrywers om die leser in te trek in ‘n wêreld van orde en chaos en aan te moedig om die balans te vind tussen hierdie twee fundamentele prinsiepe van ons menslike realiteit.

Reviews
There are no reviews yet.