Boek 7 is die laaste boek van die Sterrevegters-reeks. Terwyl oorlogswonde nog vars brand, bots lojaliteit, vrees, liefde en lotsbestemming in ’n avontuur vol gevaarlike planete, geheimsinnige magte en asemrowende sterrereise. Caydor, Serilda en Roald ontvang ’n opdrag wat alles verander: Beskerm die kinders, vertrou die magte … en bring Arnikin terug. Arnikin vind uit hy het drielingseuns, wat elkeen die mag-Rommozor beskik. Hy probeer Balanka oortuig om die driejarige seuns as Magkrygers op te lei, maar sy weier. Nadat Arnikin die dood veroorsaak het van een van die seuns, vlug Balanka met die ander twee seuns. Ver verby die bekende sterrestelsels, na die gevaarlike Kaiyatorra planetoïede-gordel, waar hulle buite bereik van Arnikin en die Donkermag sal wees. Maar kan iemand wat deur die Donkermag gevorm is ooit werklik vry wees?
Sterrevegters Boek 6 Die Skrikbewind
Price range: R89.00 through R219.00’n Onmoontlike ontdekking verander alles: ’n reuse plat planeet, Altozaan, skuil in ’n versteekte heelal — en wat daarop wag, is dodeliker as enigiets wat die Sterrevegters al beleef het. Wanneer Admiraal Edric Icer alleen besluit om die vreemde planeet te verken, stap hy reguit in die kloue van Landoro Fargo, ’n wrede heerser wat homself as die enigste ware Kajolushka beskou. Hy word gevange geneem, gemartel en beroof van vryheid, moet Edric nie net teen ’n vyand veg nie, maar ook teen vrees self. Intussen waag Kaptein Willien Icer alles om haar seun te red, terwyl haar eie lewe stilweg aan ’n draadjie hang. Nuwe bondgenote word gemaak, onwaarskynlike liefde ontvlam, en ou vyande keer terug —gevaarliker as ooit. Wanneer magsbeheptheid, wraak en ambisie bots tussen die sterre, is ontsnapping nie genoeg nie. Sterrevegters Boek 6 is ’n donker, spanningsbelaaide hoofstuk waar oorlewing ’n prys het — en niemand ongeskonde bly nie. Is die sterre nog ’n toevlug… of ’n slagveld?

Reviews
There are no reviews yet.