Vir my is ʼn gedig ʼn kunswerk met ’n potlood of ’n pen, waarmee jy die uitspansel, die reënboog, ’n emosie of onthou op papier vaslê. Ek het die volgende iewers raak gelees: ʼn Digter is iemand wat hartstogtelik verlief is op die taal. Dit is so waar…
Viazma (Grootdruk)
R269.00Pascal Benz se lewe verander wanneer sy ontdek dat haar ma se dood nie ’n ongeluk was nie. Jare lank het sy met die verlies saamgeleef, maar nou begin die waarheid stadig na vore kom. Haar ma het iets ontdek wat sy nooit moes geweet het nie: ’n geheime netwerk rondom Viazma, ’n afgeleë inrigting waar weerlose mense vir wrede eksperimente gebruik word.
Wanneer iemand toegang tot Pascal se huis kry, haar dophou en boodskappe los, besef sy dat die verlede haar ingehaal het. Sy weet wie daarvoor verantwoordelik kan wees – en sy weier om stil te bly.
Terwyl haar liefde vir Enoch haar anker bied, betree Pascal ’n wêreld van gevaar, bedrog en verraad. Maar Viazma se donker gange hou geheime wat selfs sy nie verwag het nie.

Reviews
There are no reviews yet.