Hierdie avontuur begin hoog in die berge van Lesotho, waar ’n koppige koning, ’n dapper prinses en ’n groot geheim alles op sy kop keer. Aspoestertjie wil net ’n gewone tiener wees, maar haar hart behoort aan Drommelswaer – die seun wat haar pa as onwaardig beskou. Wanneer hy in die tronk beland en sy verban word, lyk alles verlore … tot sy die ewe rebelse prinses, Sneeuwitjie, ontmoet.
Saam waag hulle dit teen reëls, krone en grootmense se foute – en ontdek dat moed soms beteken om jou kroon af te haal en jou hart te volg.
Twee prinsesse. Een waaghalsige plan. ’n Mandjie “oogappels” en ’n gewaagde ontsnapping is ’n storie oor vriendskap, liefde en om vir die regte ding op te staan – selfs al is jy net dertien.
Reënboë en skatte
R189.00Maak gereed vir ’n wêreld vol pret, kleur en verbeelding! Reënboë en Skatte is ’n heerlike versameling stories waar eendjies kan praat, hasies wegkruip, kryte lewe kry en sneeumanne snaakse wense het.
Elke storie is propvol avontuur, lag en klein verrassings wat jou laat wonder… wat gaan volgende gebeur? Tussen al die pret skuil daar ook kosbare skatte—lesse oor vriendskap, omgee, dapper wees en om altyd in jouself te glo.
Of jy nou self lees of saam met iemand spesiaal kuier, hierdie boek is die perfekte maatjie vir storietyd!
Kom saam op ’n kleurvolle reis… jy weet nooit watter skat jy gaan ontdek nie!

Reviews
There are no reviews yet.