Price range: R99.00 through R239.00

Vrou van veld en vlakte

(1 customer review)

Hoe meer gereeld Tyler verdwyn vir dae, hoe meer raak Zena haar in haar werk verdiep. Sy word deur een van die jagters wat sy gids genooi vir ʼn vakansie in Kanada, nadat hy besef het hierdie pragtige vrou dra ʼn groot seer in haar rond.
Wanneer Deandre dus agterkom dat Tyler se losbandigheid besig is om sy geliefde moeder erg te ontstel, raak sy wrewel jeens sy vader net nog groter. Hy verlaat dan ook die plaas om vir ʼn groot jagonderneming in die Noorde sy liefde te gaan uitleef.
‘n Groot tragedie tref die familie, maar gaan dit enigsins Tyler Blake se siening oor die lewe verander?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-398-8 197 2020-09-11 Afrikaans N/A , ,

Meet The Author

Zena Blake, is die eerste vrou wat haar gekwalifiseer het as beroepsjagter en nie lank daarna nie as grootwildjagter in haar Namibië. Haar passie, nie net vir die natuur nie maar vir volhoubare trofeejag, maak van haar ʼn baie besonderse vrou.
Hul seun, Deandre, deel haar passie vir albei haar groot liefdes en hulle het ʼn baie spesiale band. Tyler, haar man, is ook ʼn professionele jagter. Alhoewel hy ʼn goeie gids is, belemmer sy voorliefde om eerder die lewe te geniet sy oordeel. Hy het ook geen band met sy seun nie, inteendeel, is hy van Deandre se kinderdae af afgunstig en jaloers op hom en altyd in kompetisie met hom.
Hoe meer gereeld Tyler verdwyn vir dae, hoe meer raak Zena haar in haar werk verdiep. Sy word deur een van die jagters wat sy gids genooi vir ʼn vakansie in Kanada, nadat hy besef het hierdie pragtige vrou dra ʼn groot seer in haar rond.
Wanneer Deandre dus agterkom dat Tyler se losbandigheid besig is om sy geliefde moeder erg te ontstel, raak sy wrewel jeens sy vader net nog groter. Hy verlaat dan ook die plaas om vir ʼn groot jagonderneming in die Noorde sy liefde te gaan uitleef.
‘n Groot tragedie tref die familie, maar gaan dit enigsins Tyler Blake se siening oor die lewe verander?

Book Type

, ,

Age Group

1 review for Vrou van veld en vlakte

  1. marthapoller

    Marsofine Krynauw bring in hierdie roman die wêreld van Namibiese jag, gesinsdinamika en persoonlike stryd treffend bymekaar. Die hoofkarakter, Zena Blake, is ’n pionier – die eerste vroulike beroeps- en grootwildjagter in Namibië – en word uitgebeeld as ’n sterk, maar tog brose figuur wat haar huwelik, haar loopbaan en haar verhouding met haar kinders probeer balanseer. Haar man, Tyler, word uitgebeeld as ’n man wat nie kan los van oppervlakkige plesier nie, en dit plaas spanning in die gesin. Daarteenoor is haar seun, Deandre, haar bondgenoot en ’n jongman wat self sy plek in die jagwêreld probeer vind.
    Die verhaal verweef familiekonflik, emosionele pyn en die wonder van die natuur. Die beskrywings van die veld, die jagtogte en die wildlewe is beeldryk en lewendig, wat die leser diep in die Namibiese landskap innooi. Tog is dit meer as net ’n storie oor jag: dit gaan oor lojaliteit, liefde, teleurstelling en die keuses wat mense maak.
    Die boek is geskryf in ’n toeganklike, vloeiende styl. Dit hou ’n goeie balans tussen aksie in die jagveld en introspeksie oor verhoudings en lewenskeuses. Vir lesers wat hou van verhale met sterk vrouekarakters en ’n besondere Afrika-agtergrond, bied dit beslis iets unieks.

Add a review