Anesta Llewelyn, ‘n omroeper en ook ‘n aktivis vir vroueregte, word na ‘n uitval met die hoof van die radiostasie tydelik ontslaan en gaan bly op Eduleni, ’n stranddorpie aan die Suidkus. Daar loop sy na baie jare die kroonprins van Meredith Heights raak en vergete emosies wat in haar as tiener wakker gemaak is, vlam weer op.
Mike Meredith se doelwit is om te sorg dat die geslag Merediths nie uitsterf nie en Anesta is die perfekte kandidaat. Hy vra Anesta om hom te help met navorsing oor die Merediths en Llewelyns. Die twee Walliese gesinne wat saam na die Engelse Oorlog verhuis het na Suid-Afrika, het letterlik en figuurlik saam die wa deur die drif getrek.
Die geraamtes in Meredith Heights en Pembroke kry met skrikwekkende gevolge lewe. Owerspel het twee kante: die wat dit pleeg en die wat aan die ontvangkant is. In Meredith Heights en Pembroke se verlede, soos in die hede, is die liefde die wilde kaart, die groot verdriet en groter vreugde. Of die einde gelukkig gaan wees vir Anesta en Mike, kan die eksentrieke Matilda selfs nie eens met behulp van teeblare voorspel nie.
Afrika Ritme
Price range: R79.00 through R189.00Joseph, ʼn jong man uit ʼn welgestelde familie in Engeland, word gedwing om sy gemaklike lewe te verlaat wanneer sy mynmagnaat pa besluit om hom op ʼn gevaarlike seereis na Suidwes te stuur. William hoop dat die ontberings van die reis Joseph se roekelose natuur sal tem. Joseph ontdek gou dat die see sy eie geheime en gevare inhou. Terwyl hy sy pad worstel deur storms en bedreigings, word Joseph gedwing om sy eie innerlike stryd aan te pak. Sal die reis hom breek, of sal dit hom lei na ʼn dieper begrip van homself en sy plek in die wêreld?

Reviews
There are no reviews yet.