Anesta Llewelyn, ‘n omroeper en ook ‘n aktivis vir vroueregte, word na ‘n uitval met die hoof van die radiostasie tydelik ontslaan en gaan bly op Eduleni, ’n stranddorpie aan die Suidkus. Daar loop sy na baie jare die kroonprins van Meredith Heights raak en vergete emosies wat in haar as tiener wakker gemaak is, vlam weer op.
Mike Meredith se doelwit is om te sorg dat die geslag Merediths nie uitsterf nie en Anesta is die perfekte kandidaat. Hy vra Anesta om hom te help met navorsing oor die Merediths en Llewelyns. Die twee Walliese gesinne wat saam na die Engelse Oorlog verhuis het na Suid-Afrika, het letterlik en figuurlik saam die wa deur die drif getrek.
Die geraamtes in Meredith Heights en Pembroke kry met skrikwekkende gevolge lewe. Owerspel het twee kante: die wat dit pleeg en die wat aan die ontvangkant is. In Meredith Heights en Pembroke se verlede, soos in die hede, is die liefde die wilde kaart, die groot verdriet en groter vreugde. Of die einde gelukkig gaan wees vir Anesta en Mike, kan die eksentrieke Matilda selfs nie eens met behulp van teeblare voorspel nie.
Malmok
Price range: R159.00 through R399.00Met onverskrokke eerlikheid, swart humor en ryk, beeldende taal, is *Malmok* ’n kragtige, grensverskuiwende verhaal wat nie skroom om diep te delf in die donker kant van menswees nie.
**Gevul met rou waarheid, ongemaklike begeertes en ontstellende onthullings – hierdie is nie ’n boek vir sensitiewe lesers nie.**

Reviews
There are no reviews yet.