Vuurklip bevat ‘n keur van die skrywer se beste preke as ‘n predikant. Hierdie unieke bundel gee egter ook sielkundige persepektiewe op verskillende lewenskwessies aanvullend belig uit die sielkunde. As ‘n predikant, maar ook ‘n gekwalifiiseerde sielkundige, bied hierdie boek ook sielkundie perspektiewe vir teologiese vrae op ‘n vars en praktiese manier wat die leser sal help om uitdagings van die lewe die hoof te bied op ‘n Christelike, maar ook op n sielkundige, praktiese wyse. Hoewel die boek bedoel is om praktiese antwoorde te bied op lewenskwessies, is daar ook dwarsdeur die boek ‘n onderliggende innuendo van ‘n lewe, aangebied op ‘n warm, nostalgiese vertelling oor kinderherinneringe en die ontdekking van ’n tonteldoos – ’n eenvoudige, maar betroubare manier om vuur te maak. Vanuit hierdie ervaring ontvou ’n dieper betekenis: soos die vuurklip altyd ’n vonk kan lewer, so bied die Woord van die Here voortdurend lig en leiding. Die boek verbind alledaagse ervarings met ’n geestelike waarheid en herinner die leser daaraan dat God se lig altyd beskikbaar is – ongeag die omstandighede, dag of nag.
Verhale wat reik na die Ewigheid
Price range: R89.00 through R279.00Verhale wat reik na die Ewigheid is ‘n inspirerende bundel van geestelike liedere, getuienisse en die lewens van geloofshelde soos Martin Luther, Corrie ten Boom en Billy Graham — ‘n hartlike uitnodiging om weer te glo en jou hart te rig op dit wat werklik saak maak.

Reviews
There are no reviews yet.