Vuurklip bevat ‘n keur van die skrywer se beste preke as ‘n predikant. Hierdie unieke bundel gee egter ook sielkundige persepektiewe op verskillende lewenskwessies aanvullend belig uit die sielkunde. As ‘n predikant, maar ook ‘n gekwalifiiseerde sielkundige, bied hierdie boek ook sielkundie perspektiewe vir teologiese vrae op ‘n vars en praktiese manier wat die leser sal help om uitdagings van die lewe die hoof te bied op ‘n Christelike, maar ook op n sielkundige, praktiese wyse. Hoewel die boek bedoel is om praktiese antwoorde te bied op lewenskwessies, is daar ook dwarsdeur die boek ‘n onderliggende innuendo van ‘n lewe, aangebied op ‘n warm, nostalgiese vertelling oor kinderherinneringe en die ontdekking van ’n tonteldoos – ’n eenvoudige, maar betroubare manier om vuur te maak. Vanuit hierdie ervaring ontvou ’n dieper betekenis: soos die vuurklip altyd ’n vonk kan lewer, so bied die Woord van die Here voortdurend lig en leiding. Die boek verbind alledaagse ervarings met ’n geestelike waarheid en herinner die leser daaraan dat God se lig altyd beskikbaar is – ongeag die omstandighede, dag of nag.
Die Bedelaar
Price range: R99.00 through R209.00Die Bedelaar is n geestelike, fiktiewe verhaal van Teddie, wat op die rand van die samelewing wandel. ‘n man wie se lewe verwoes is deur pyn, verliese en verlore drome. Kersfees bring nie meer vreugde nie, net ‘n gedempte herinnering aan wat eens was. Terwyl Teddie deur die strate van die stad swerf, sukkel hy nie net met aanvaarding nie, maar met die spook van sy verlede wat hom bly agtervolg. Dit is ‘n storie van hoop en verlossing te midde van wanhoop, van ‘n man wat sy menswaardigheid probeer behou wanneer alles anders verdwyn. My hoop is dat Teddie ons elkeen net weer bewus maak dat elke geskape mens, God se liefde verdien.

Reviews
There are no reviews yet.