Wanneer Sonya Langenhoven gedwing word om saam met haar ma na Hermanus te trek ná haar ouers se egskeiding, verwag sy niks meer as ’n vervelige kusdorp nie. Maar in hul nuwe huis ontdek sy iets wat alles verander: ’n geheimsinnige solder vol ou foto’s, dokumente en ’n dagboek wat aan haar ouma, dr. Corine Marais, behoort het. Corine was ’n briljante walvisnavorser wat dertig jaar gelede spoorloos verdwyn het nadat sy ’n magtige ontwikkelingsmaatskappy probeer keer het om Walker Bay se walvisse te bedreig. Nou beplan dieselfde maatskappy om weer die kus te ontwikkel. Met net maande voordat die projek goedgekeur word, begin Sonya die raaisel van haar ouma se verdwyning ondersoek. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand steeds nie wil hê die verlede moet oopgekrap word nie. Tussen walvisse, geheime en gevaar ontdek Sonya dat sommige stories nooit werklik verdwyn nie , hulle wag net vir die regte speurder.
Spoelgoud
Price range: R59.00 through R189.00Wat kan alles verkeerd loop met ʼn onskuldige staptog deur die berge?
Vir die vier avontuurlustige vriende, Gert, Conrad, Ryno en Liesel, wat van die staproete afgewyk het, het dit ontaard in ʼn nagmerrie, waarin hulle ook in lewensgevaar verkeer het. Deur die versteekte ingang van ʼn grot te ontdek en dit te verken, eindig hulle in ʼn geheimsinnige vallei wat onbereikbaar is en weggesteek is van die buitewereld.
Hulle word betrap en gevange gehou deur ʼn groep mans wat spoelgoud in ʼn rivier ontgin. Die seuns word gedwing tot handearbeid deur te help om die goud te herwin, terwyl Liezel bedags vir die kosmaak moet sorg.
Planne word beraam om uit die vallei te ontsnap. Sal hulle daarin slaag om lewend hier uit te kom? Vele struikelblokke en gevare is op die agenda, waarin Liesel ʼn heldhaftige rol speel met die poging om te ontsnap.

Reviews
There are no reviews yet.