Ná ’n jaar in die tronk vir ’n misdaad wat sy nie gepleeg het nie, keer Erma Viljoen terug na Grasvlakte om haar lewe weer aanmekaar te probeer sit. Die moord op haar man, Hendrik, en sy verraad met haar beste vriendin het haar wêreld verwoes, maar op die uitgestrekte grasvlaktes van haar kinderdae begin hoop stadig weer wortelskiet. Jan Fourie het haar nog nooit vergeet nie. Jare gelede is hul liefde deur familiebelange en verkeerde besluite vernietig, maar nou kry hy ‘n tweede kans om die vrou wat hy altyd liefgehad het, terug te wen. Terwyl hul gevoelens weer ontvlam, dreig geheime uit die verlede om alles te vernietig. Wanneer Erma onbewustelik in die visier van gevaarlike mense beland, besef Jan dat hy haar teen meer as net haar herinneringe moet beskerm. Op Grasvlakte, waar liefde en verlies hand aan hand loop, sal hulle moet besluit of die waarheid die moeite werd is om voor te veg. Want sommige geheime kan vergewe word … en ander kan doodmaak.
Fyn lyn tussen Liefde & Haat
R194.00Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met ‘n seunshart, met ‘n liefde wat met die jare groei tot ‘n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees. Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak.

Reviews
There are no reviews yet.