Op die punt van volwassenheid ontdek Rafe Ferrero die waarheid oor sy familie: ‘n tragiese dubbele moord, ‘n verlore tweelingbroer, en ‘n onverbiddelike vyand met bande aan die Mafia. Die skielike verskyning van sy identiese broer Troy dwing hulle om saam te werk en die geheime van hul verlede te ontsluit. Te midde van liefde, verlange en pas-gevonde familie, word hulle geteiken deur Diego Genovese – ‘n gevaarlike man vasbeslote om die Ferrero-broers uit te wis. Aanslae, verraad en verlies volg mekaar op, met die dood altyd net ‘n oogwink ver. In hierdie spanningsvolle familie-sage met dodelike ondertone moet die tweeling besluit of bande van bloed sterk genoeg is om die duisternis van hul verlede en hul berugste vyande te oorleef. Is oorwinning moontlik waar alles op die spel is?
As die wiel draai
Price range: R79.00 through R219.00Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…

Reviews
There are no reviews yet.