Trane in ‘n Kruik is ’n verhaal van liefde, verlies en die soeke na waarheid, wat afspeel tydens die Groot Depressie jare.
Die leser word ingetrek by die lewensverhaal van die tweejarige Margaret en haar ouer sibbe wat in ’n kinderhuis moes grootword. Margaret se stryd as volwassene gryp die leser aan wanneer sy haar pragtige dogtertjie moet prysgee.
Dan ontmoet die leser vir Louisa, ‘n jong meisie wat ontdek sy is aangeneem. Briewe tussen Louisa en haar biologiese ma onthul die hartseer waarheid van hul skeiding en die liefde wat nooit verdwyn het nie. Sy begin ‘n emosionele reis om kontak te maak met Margaret.
Louisa se stryd om haar identiteit en die konflikte met haar aanneemouers raak die leser diep. Kan dit lei tot hoop en versoening?
Rooibos Tee
Price range: R109.00 through R239.00Daar is min dinge so troostend soos ‘n warm koppie rooibostee – eenvoudig, eg en vol genesing. Rooibos Tee – Stil oomblikke vir die siel nooi jou om vir ‘n oomblik stil te raak, diep asem te haal en weer God se vrede te ontdek.
Deur 52 inspirerende weekstukke, gevul met bemoedigende oordenkings, eerlike refleksievrae, gebede, Skrifgedeeltes en positiewe affirmasies, neem Alida de Bruyn jou op ‘n reis van herstel, selfontdekking en geloof. Hierdie boek herinner jou dat jy nie alles alleen hoef te dra nie en dat elke nuwe dag ‘n vars begin kan wees.

marthapoller –
Baie goeie boek.