Ulricke Ruiter se familie sterf traumaties tydens hul vakansie in Suid-Afrika. Haar beseerde liggaam word binne dae teruggevlieg Duitsland toe waar sy opgeneem word en aansterk.
Sy begin kort daarna haar Universiteitsopleiding en bekwaam haar as ʼn Megatroniese Ingenieur. Haar meestersgraad maak die deur vir haar oop, en sy word as deel van die ontwerpspan van Audi, in Ingolstadt, Bavaria aangestel. Daar verdiep sy haar in haar loopbaan en staan later bekend as die Golden Girl van Audi.
Alhoewel sy ʼn baie private en eenkant mens is, kruis haar pad hier met die van Jan van Kerken, haar mede ingenieur met wie sy toetsritte op nuwe prototipes regoor die wêreld doen. Die enigste ander vrou waarmee sy bevriend is, is Valeska Waltschmidt, ook een van haar kollegas.
Ulricke se lewe verander drasties as die man wat verantwoordelik was vir haar familie se dood, Xavier de Goede, ʼn gevorderde bestuurskursus by Audi in Duitsland gaan bywoon. Die vrouejagter begin vlerksleep by Valeska, wat heel onbewus is van Ulricke se traumatiese verlede.
Wat gebeur as Ulricke uitvind dat Xavier de Goede hier onder haar neus is, en besig is om haar vriendin die hof te maak? Wie gaan hierdie briljante, maar eensame jongvrou bystaan?
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026
Price range: R129.00 through R329.00Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.
Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.

Reviews
There are no reviews yet.