Die stilte tussen die sterre is verbreek. Ude Ramazor, die dodelike planeet, het uit die as van verwoesting verrys … en is honger vir wraak.
Wanneer die eerste aanval Zedikiah in puin l , weet Rashida en Talbot hul tyd is beperk. n Verskriklike sterre-oorlog breek los met massiewe sterskepe, vernietigende laserkanonne en missiele wat die ruimte verskeur. Maar een sterskip, Dodelike Valk, hou die mag om ‘n hele planeet uit te wis en Kilner Valkener, gedrewe deur haat en pyn, is bereid om dit te gebruik.
Intussen, op die geheimsinnige planeet Raggamajos, groei ‘n jong seun, Lazinnerin Arrabel, onbewus van sy lot en sy mag. Maar die Donkermag weet van hom. En hulle wag …
In hierdie epiese vierde aflewering van die Sterrevegters-reeks, wag die grootste botsing nog tussen lig en duisternis, wraak en hoop en tussen broers.
Sterrevegters Boek 7 Die oorlog
Price range: R109.00 through R229.00Boek 7 is die laaste boek van die Sterrevegters-reeks. Terwyl oorlogswonde nog vars brand, bots lojaliteit, vrees, liefde en lotsbestemming in ’n avontuur vol gevaarlike planete, geheimsinnige magte en asemrowende sterrereise. Caydor, Serilda en Roald ontvang ’n opdrag wat alles verander: Beskerm die kinders, vertrou die magte … en bring Arnikin terug. Arnikin vind uit hy het drielingseuns, wat elkeen die mag-Rommozor beskik. Hy probeer Balanka oortuig om die driejarige seuns as Magkrygers op te lei, maar sy weier. Nadat Arnikin die dood veroorsaak het van een van die seuns, vlug Balanka met die ander twee seuns. Ver verby die bekende sterrestelsels, na die gevaarlike Kaiyatorra planetoïede-gordel, waar hulle buite bereik van Arnikin en die Donkermag sal wees. Maar kan iemand wat deur die Donkermag gevorm is ooit werklik vry wees?

Reviews
There are no reviews yet.