Price range: R99.00 through R269.00

Jes (Second Edition)

Ná weke se getreiter deur ʼn foonpes vlug aktrise Jes Naude na haar erfplaas, Villa D’ Viljee, om tot ruste te kom. Sy het egter nie op die huidige huurder, Theuns Anderson, gereken nie. Ná ʼn dramatiese aankoms is sy op hom aangewese vir hulp. Sy verkies egter om in die ou grasdakhuisie te bly, waar sy met herinneringe en emosies van die verlede gekonfronteer word. Dinge raak nog meer ingewikkeld toe die beeldskone Hermien Wiese onverwags opdaag.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-99145-543-7 236 2024-09-15 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Jes Naude word weke lank getreiter deur ’n foonpes na die vrystelling van ʼn film waarin sy die hoofrol vertolk het. Die spanning is naderhand vir haar te veel en sy besluit om ʼn rukkie te gaan ontspan op haar erfplaas – Villa D’ Viljee.
Sy was egter baie lank laas op die plaas en het nooit rekening gehou met Theuns Anderson wat tans die plaas by haar huur nie. Met haar aankoms op die plaas, beland haar sportmotor in die mielielande en is sy aangewese op die huurder, om haar daar uit te kry.
Die man is duidelik glad nie beïndruk met haar ontydige besoek nie, maar bied tog aan dat sy die gerieflike plaashuis met hom kan deel. Vir die arrogante man sien Jes beslis nie kans nie. Sy volg die tweespoorpaadjie na die ou grasdakhuisie by die rivier, waar sy gekonfronteer word met ou herinneringe en spoke uit haar verlede. Toe verskyn die fraaie Hermien Wiese van die buurplaas op die toneel en krap Jes se lewe nog verder deurmekaar, net toe sy dink sy begin nogal van Theuns hou.

Book Type

, ,

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Jes (Second Edition)”