Jes Naude word weke lank getreiter deur ’n foonpes na die vrystelling van ʼn film waarin sy die hoofrol vertolk het. Die spanning is naderhand vir haar te veel en sy besluit om ʼn rukkie te gaan ontspan op haar erfplaas – Villa D’ Viljee.
Sy was egter baie lank laas op die plaas en het nooit rekening gehou met Theuns Anderson wat tans die plaas by haar huur nie. Met haar aankoms op die plaas, beland haar sportmotor in die mielielande en is sy aangewese op die huurder, om haar daar uit te kry.
Die man is duidelik glad nie beïndruk met haar ontydige besoek nie, maar bied tog aan dat sy die gerieflike plaashuis met hom kan deel. Vir die arrogante man sien Jes beslis nie kans nie. Sy volg die tweespoorpaadjie na die ou grasdakhuisie by die rivier, waar sy gekonfronteer word met ou herinneringe en spoke uit haar verlede. Toe verskyn die fraaie Hermien Wiese van die buurplaas op die toneel en krap Jes se lewe nog verder deurmekaar, net toe sy dink sy begin nogal van Theuns hou.
Spooktrein
Price range: R99.00 through R189.00Presies een jaar nadat haar ouer suster, Lara, spoorloos by ‘n rondreisende kermis verdwyn het, keer dieselfde kermis terug na die dorpie. Vir Celine is dit meer as net ‘n toevalligheid – dit is haar laaste kans om die waarheid te ontdek.
‘n Geheimsinnige fortuinverteller, vreemde klopgeluide uit die spooktrein en ‘n jong werktuigkundige wat blykbaar meer weet as wat hy durf sê, lei Celine al dieper in ‘n wêreld van geheime tonnels, leuens en gevaar. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand bereid is om enigiets te doen om die donker geheime van die kermis te beskerm.
Met die kermis wat binnekort weer vertrek, raak tyd haar grootste vyand. Nou moet Celine besluit hoe ver sy bereid is om te gaan om haar suster terug te bring.

Reviews
There are no reviews yet.