Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Daar is blou Klokkejane en rooi Klokkejane. Hulle lyk soos ronde harige balle met groot oë en wye monde. Hulle het dun arms en bene. Vier vingers en vier tone aan elke hand en voet. Maar … Klokkeloempie is pers. Die enigste pers Klokkejaan in Klokkeland. Iewers tussen hierdie boek se bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare. Klokkeloempie verdwaal in die bos en terwyl jy lees, beleef jy sy avonture alleen in die nag. Gaan hy ooit weer sy pad terugvind huis toe?
Dertien Rose vir geluk (Groot druk)
Price range: R109.00 through R279.00Dertien Rose vir Geluk volg drie generasies vroue – Ansa, Mariska en Anna-Mart – wat ná ’n moeilike verlede weer hoop en liefde ontdek. ’n Vreemdeling versteur hul rustige kleinhoewe, wat geheime, spanning en romanse ontketen. ’n Warm, plaasgegronde verhaal oor familie, veerkragtigheid en nuwe begin.

Reviews
There are no reviews yet.