Vir ʼn boerseun van die platteland is dit een ding om jong perde in te breek, die bakkie uit die modder te sleep, en Sondae jou kerkklere skoon te hou tot na kerk. Maar dis ʼn ander ding om jou potjie te gaan krap in die stad se gedruis waar verkeer nooit tot ruste kom nie. Hierdie kortverhaalbundel vertel die staaltjies van die mense op die platteland. Dit herinner ons aan die reuk van Old Spice en die smaak van kerrie-skaapafval. Dit kom roep daardie nostalgiese gebeure van eenvoud op en vra onderliggend die vraag: “Wat het ons regtig nodig in die lewe? ”In die eerste hoofstuk, Stoepstories, word al daardie humoristiese gebeure gedeel wat Oupa altyd rondom die kampvuur vertel het. Skreeusnaakse verhaaltjies van donkiekar resies, skuurdanse, die agastoof en die kleinhuisie.
Skatkisstories, die tweede afdeling, verlang ons terug na etenstyd om die tafel, familie reünies, die grondpad huis toe en die brug oor Rietrivier. Ek gaan stad toe is ʼn bundel vir al daardie plaasjapies wat êrens in ʼn stad ʼn heenkome gevind het, maar steeds terug verlang na die stofpaaie, die jare van plate en kassette en die pragtige sonsondergange van die platteland.
Wanneer skuld kinders steel
Price range: R99.00 through R179.00Hoeveel is ’n mens bereid om te betaal vir vergifnis? En wat gebeur wanneer die losprys nie geld is nie – maar ’n kind?
Hendrik se lewe stort in duie wanneer ’n dobbelverslawing hom in die greep van ’n genadelose misdadiger laat beland.
Met elke verbygaande uur raak die skuld groter, die uitweg kleiner, en die keuses donkerder. Sy dogter, Karien, onbewus
van haar pa se desperate stryd, word ingetrek in ’n wêreld waar jong onskuld geld werd is en menslikheid min tel.
Terwyl Hendrik teen tyd, skuld en sy eie gewete baklei, ontdek Karien dat sy ’n pion geword het in ’n spel wat lank
voor haar begin het. ’n Spel van mag, hebsug en morele verval. Wanneer Skuld Kinders Steel is ’n rou, spanningsbelaaide
verhaal oor verslawing, skuld, ouerskap en die ondenkbare keuses wat mense maak wanneer alles reeds verlore voel.

Reviews
There are no reviews yet.