Stemme uit ʼn Vervloë Verlede
Price range: R109.00 through R309.00Elsa de Waal dra al jare lank aan ’n geheim – die storie van haar man, Henk, die arm bywonerseun uit Suidwes wat deur swaarkry, vernedering en oorlog moes veg om sy plek in die lewe te vind. Sy liefde vir Elsa was sy redding, maar ook sy ondergang. Nou, aan die einde van haar lewe, weet Elsa sy kan nie sterf sonder om die waarheid oor Henk te vertel nie – oor hoe verkeerde keuses sy lewe gekos het. Wanneer die jong skrywer Jasper Muller uiteindelik instem om haar dagboeke te lees, word hy onherroeplik ingetrek in Henk en Elsa se lewens – twee mense vasgevang tussen liefde en plig, skuld en vergifnis.
