Vir ʼn boerseun van die platteland is dit een ding om jong perde in te breek, die bakkie uit die modder te sleep, en Sondae jou kerkklere skoon te hou tot na kerk. Maar dis ʼn ander ding om jou potjie te gaan krap in die stad se gedruis waar verkeer nooit tot ruste kom nie. Hierdie kortverhaalbundel vertel die staaltjies van die mense op die platteland. Dit herinner ons aan die reuk van Old Spice en die smaak van kerrie-skaapafval. Dit kom roep daardie nostalgiese gebeure van eenvoud op en vra onderliggend die vraag: “Wat het ons regtig nodig in die lewe? ”In die eerste hoofstuk, Stoepstories, word al daardie humoristiese gebeure gedeel wat Oupa altyd rondom die kampvuur vertel het. Skreeusnaakse verhaaltjies van donkiekar resies, skuurdanse, die agastoof en die kleinhuisie.
Skatkisstories, die tweede afdeling, verlang ons terug na etenstyd om die tafel, familie reünies, die grondpad huis toe en die brug oor Rietrivier. Ek gaan stad toe is ʼn bundel vir al daardie plaasjapies wat êrens in ʼn stad ʼn heenkome gevind het, maar steeds terug verlang na die stofpaaie, die jare van plate en kassette en die pragtige sonsondergange van die platteland.
Liefde uit die as
Price range: R79.00 through R209.00Ilze begin haar nuwe lewe met groot drome aan universiteit, maar word wreed
ontwrig deur Werner se obsessie. Sy staar trauma, eensaamheid en ‘n onverwagte swangerskap in die gesig – vasbeslote om
haar eie toekoms en waardigheid terug te wen ten spyte van die verwoesting rondom haar.

Reviews
There are no reviews yet.