Vir ʼn boerseun van die platteland is dit een ding om jong perde in te breek, die bakkie uit die modder te sleep, en Sondae jou kerkklere skoon te hou tot na kerk. Maar dis ʼn ander ding om jou potjie te gaan krap in die stad se gedruis waar verkeer nooit tot ruste kom nie. Hierdie kortverhaalbundel vertel die staaltjies van die mense op die platteland. Dit herinner ons aan die reuk van Old Spice en die smaak van kerrie-skaapafval. Dit kom roep daardie nostalgiese gebeure van eenvoud op en vra onderliggend die vraag: “Wat het ons regtig nodig in die lewe? ”In die eerste hoofstuk, Stoepstories, word al daardie humoristiese gebeure gedeel wat Oupa altyd rondom die kampvuur vertel het. Skreeusnaakse verhaaltjies van donkiekar resies, skuurdanse, die agastoof en die kleinhuisie.
Skatkisstories, die tweede afdeling, verlang ons terug na etenstyd om die tafel, familie reünies, die grondpad huis toe en die brug oor Rietrivier. Ek gaan stad toe is ʼn bundel vir al daardie plaasjapies wat êrens in ʼn stad ʼn heenkome gevind het, maar steeds terug verlang na die stofpaaie, die jare van plate en kassette en die pragtige sonsondergange van die platteland.
Huisie langs die pad
Price range: R79.00 through R179.00Hierdie verhaal skets die ervarings van ʼn kind wat die gebeure werklik deurleef het. Name van mense en plekke is verander om te verseker dat dit nooit as ʼn vingerwysing of ʼn aksie teen enige een gebruik kan word nie. Feitlik al die rolspelers in hierdie lewensdrama is nou al die ewigheid in. Ek bid dat hulle almal genade gevind het en hul saak met Vader reggemaak het voor hulle hierdie lewe verlaat het. Mag hierdie vertellings daartoe bydra dat dit wat hier beskryf word, nooit weer met enige ander kind gebeur nie. Kinders is weerloos. Hulle is onskuldig. Hulle behoort aan die Vader. Wee die een wat sy hand in haat, nyd of woede teen ʼn kind sou lig. Dit sal nie ongesiens en ongestraf verbygaan nie. Hier kom sekerlik die waarheid wat ons in die Woord leer, naamlik dat die wraak ons nie toekom nie.

Reviews
There are no reviews yet.