Sy is ‘n dame wat in haar eie wêreld lewe Oor die algemeen stil, maar gretig om veral oor dié dinge te gesels wat haar ná aan die hart lê. Soos haar man, kleuterseuntjie en Yorkie kruising hondjie En boeke.
Léés Skryf Skeppend wees Die móói dinge in die lewe, maar tog die eenvoudige Iemand wat slap chips bó ‘n viergang maaltyd verkies. Wat graag kaalvoet loop en van stilte hou Trane ís daar al gestort in haar lewe, maar dis moeilik om te glo wanneer jy hoor hoe sy lag uithaar máág Sy vra graag vrae, maar praat nie maklik oor haarself nie.
Sy is baie privaat, maar tog ‘n oop boek Perfeksionisties tot die punt waar sy haarself irriteer, maar sagter op ander mense. Liefdadigheid laat haar hart vinniger klop en onregverdigheid maak haar kwaad Sy skryf oor hoop, onvoorwaardelike liefde, geloof en uithouvermoë. Oor mense wat geval het maar weer opgestaan het Sy wil die goedheid van Hom verkondig, sonder om te preek Sy wil net sý wees, haar eie ding doen… Lééf
Jakes van die Kinderhuis
Price range: R89.00 through R229.00In die hart van ‘n kinderhuis worstel Jakes met sy moeilike verlede en sy geveg vir aanvaarding in die samelewing. In sy soeke na sin en identiteit, vind hy ‘n onverwagte bondgenoot in Anneli, ‘n meisie wat anders na hom kyk en glo in sy ongesiene potensiaal. Te midde van konflikte en misverstande, ontvou ‘n verhaal van groei en selfontdekking, terwyl Jakes poog om die kettings van sy afkoms te breek en sy ware self te vind.
‘n Inspirerende verhaal wat getuig van die krag van verandering en hoop.

Reviews
There are no reviews yet.