Sy is ‘n dame wat in haar eie wêreld lewe Oor die algemeen stil, maar gretig om veral oor dié dinge te gesels wat haar ná aan die hart lê. Soos haar man, kleuterseuntjie en Yorkie kruising hondjie En boeke.
Léés Skryf Skeppend wees Die móói dinge in die lewe, maar tog die eenvoudige Iemand wat slap chips bó ‘n viergang maaltyd verkies. Wat graag kaalvoet loop en van stilte hou Trane ís daar al gestort in haar lewe, maar dis moeilik om te glo wanneer jy hoor hoe sy lag uithaar máág Sy vra graag vrae, maar praat nie maklik oor haarself nie.
Sy is baie privaat, maar tog ‘n oop boek Perfeksionisties tot die punt waar sy haarself irriteer, maar sagter op ander mense. Liefdadigheid laat haar hart vinniger klop en onregverdigheid maak haar kwaad Sy skryf oor hoop, onvoorwaardelike liefde, geloof en uithouvermoë. Oor mense wat geval het maar weer opgestaan het Sy wil die goedheid van Hom verkondig, sonder om te preek Sy wil net sý wees, haar eie ding doen… Lééf
Inspirasie joernaal
R239.00Met die skryf van hierdie werk, het ek beoog om te getuig van my lewensreis saam met vriendinne, sowel as my passie vir vriendskappe. Deur hierdie boek die lig te laat sien, wou ek graag iets aan die kosbare mense rondom my gee wat hul sal inspireer om vriendskap te omarm en vreugde daaruit te put. Daarmee saam het ek skrifgedeeltes en dagstukkie-inspirasies neergepen wat my deur moeilike dae gehelp het. Tesame met die inspirasie stukke, kry die leser ook die kans om iets wat in haar eie hart leef of ‘n gedagte wat by haar opkom neer te skryf in die “deel jou hart” gedeelte. Selfs dalk ‘n gebed of versugting van haar hart.

Reviews
There are no reviews yet.