Vir John Opperman is sy miljoene nie die belangrikste ding in sy lewe nie, maar sy familie. Nada, is die liefde van sy lewe. Sy oudste dogter, Minda, getroud met Theo, is in bewaring van wildlewe. Sy jongste dogter, Yozel, is besig om met rasseskrede naam te maak in die eiendomsbedryf. Jonathan sy enigste seun, is nog op skool, maar word vreeslik bederf.Wat John nie weet nie, is dat sy geliefde vrou ʼn massiewe geraamte in die kas het. As dit op die lappe moet kom, sal dit hul hele familie vernietig. Minda en Yozel is die twee wat eerste van hierdie goedbewaarde geheim te hore kom deur sameloop van omstandighede. Dit skok hul tot in hul diepste wese en verander die manier waarop hul na die lewe kyk onherroeplik. Moet hul stilbly of moet hul praat?
Kort nadat hulle van die geheim te wete gekom het, tref ʼn ramp hul familie. Tog moet die lewe aangaan en Yozel word gedwing om, ten spyte van die grootste krisis wat haar nog in haar lewe getref het, professioneel te bly. Die geleentheid om aan niemand anders nie as Andre Markgraaff, die eiendomsmagnaat, die regte eiendom te gaan wys kan sy beslis nie by haar laat verbygaan nie.
Wat is die geheim? Hoe hanteer die familie die ramp wat hul tref? Sal Yozel dit regkry om hierdie gesoute besigheidsman te oortuig om die eiendom te koop?
Lied van my hart
Price range: R109.00 through R319.00Olivia ontsnap ‘n donker verlede en bou ’n nuwe lewe as sangeres, waar sy onverwags haar hart aan die Skotse boer Noah verloor. Tussen familie-opposisie, groot drome en geloof ontdek Olivia ware liefde – maar kan hul verhouding die wêreld se skeptisisme, geheime en ou seer oorleef?
