Twee ou mense, Adri 83 en Stella 80 bedryf n gastehuis op hulle perseel in Mtwalume KwaZulu Natal. Hulle woon al 10 jaar daar en is genoodsaak om vakansie verhuring te doen om die onkoste te delg. Hulle beleggings het maar sleg deurgeloop deur inflasie en die feit dat hulle so lank lewe. Die Gastehuis Inkommers Selfcatering Mtwalume is redelik populêr en die gaste geniet die ou mense as gevolg van hulle humorsin. Veral Adri is n grapjas en kan net nie n geleentheid laat verby gaan om iemand se siel uit te trek. Hulle kinders sukkel maar finansieel en Adri besluit om n boek te skryf wat hy al lankal beplan het, maar Stella dink dit is sommer twak. Adri hoop hy kan sy boek op die mark sit en dan enige verdienste vir sy kinders gebruik om hulle finansieel te help. Hy werk maande aan die boek en is uiteindelik klaar. Hy doen navorsing om die boek te publiseer maar vind dit kos geld wat hy nie het nie. Stella wil niks hoor om hulle spaargeld te waag nie en Adri reël skelm met sy kleindogter Dee om die boek te publiseer deur ‘n maatskappy genaamd E Publications. Dit kos egter R50,000.00 wat hy vooraf moet betaal. Die besturende direkteur se sekretaresse wat ’n verhouding met die baas het, dink die boek het baie potensiaal. Haar baas stem saam en hy besluit om saam met sy prokureur die werk as sy eie publiseer onder n ander naam. Moord en brandstigting volg en die saak beland in die hof. ‘n Internasionale advokaat en familielid van Adri wat ook ’n advokaat is baklei vir die ou mense wat besig is om alles te verloor. Die hofsaak lewer baie spanning op.

Reviews
There are no reviews yet.