Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie … Soms moet ’n mens leer hoe om te wen én te
verloor, hoe om ’n boelie te hanteer, en hoekom eerlikheid en vriendskap altyd die beste keuses is. Elke hoofstuk neem
jou op ’n ontdekkingsreis waar jy gaan lag, leer én saam droom. Maak jou oë oop – jy staan op die punt om sommer baie
slimmer te word!
Bashoek Boek 7
Price range: R59.00 through R169.00Het Adam regtig die krag om met bye te gesels? Indien jy nuuskierig is… lees die boek.

Reviews
There are no reviews yet.