Martina hoop om haar liefde vir die digkuns hoër hoogtes te laat bereik met die bundel getiteld, “Anders geïnspireerd”. Hiermee het sy een doel en dit is om ander te inspireer. Die meeste van die verse is gebore uit ‘n plek van baie seer waarmee ander moontlik kan vereenselwig. Om hierdie bundel te publiseer, is haar grootste droom.
Stap saam deur 2021 – Bundel 1
Price range: R99.00 through R309.00Stap Saam Deur 2021 neem lesers op ’n emosionele reis deur ’n jaar vol verlies, pyn en hoop. In die nadraai van ’n moeilike 2020 het mense gehoop op beter tye, maar 2021 het steeds hartseer gebring. Tog het digters hul stem gebruik om hoop te bring waar daar wanhoop was. Hierdie bundel vier nie net die seisoene van die jaar nie, maar ook die seisoene van die hart – van rou na herstel, van afstand na verbondenheid, en van stilte na weerklinkende digkuns.

Reviews
There are no reviews yet.