Nadat ‘n gesprek gehoor is in die kafee, van Jack van der Merwe wat op sy foon gepraat het en dit het geklink of hy die skool wil koop, het die kinders laat wonder. Hy het ‘n paar goed gesê wat nie lekker sin maak nie en het gepraat van ‘n dagboek wat uitmekaar val maar wat ‘n kaart in het wat nog duidelik is. En hy het gesê hy het ‘n kompas en gereedskap en dat die ander persoon moet sorg dat die geld reg is. Wie gebruik nou ‘n kaart en ‘n kompas as hy wil kyk of hy ‘n skool wil koop?Kom lees saam aan hierdie avontuur wat die Bashoekers lekker aan die raai het.
Die Snypoort Ridders
Price range: R59.00 through R149.00Chris en sy dapper Snypoort Ridders is bang vir niks en niemand nie. Wel, tot hulle besluit om die ou verlate spoorweghuis ’n ent buite die dorp te gaan verken. Daar wag egter ’n paar verrassings op hulle. Nie net het Snypoort dapper seuns nie, maar ook ’n paar dapper meisies. Wanneer die seuns en meisies se paaie by die spoorweghuis kruis, lei dit tot groot bangmaakpret en avonture. Wie sal as wenners uit die stryd tree? Jong, julle sal die boek moet lees vir daardie antwoord!

Reviews
There are no reviews yet.