Amber se ouers, navorsers uit Namibië wat spesialiseer in vreemde insekte, sterf albei in die rëenwoude van Amerika as gevolg van ‘n gif wat een van die insekte afskei wat nie bekend was aan hulle nie. Sy word deur haar oppasser Idira, ‘n indiaanse vrou van die Awa-stam, geneem en grootgemaak soos haar eie dogter. Amber ontluik in ‘n pragtige jongvrou. Idira se seuns, Jabu en Muka merk dat sy heel anders as die ander Awa-stam jongmeisies lyk en begin wonder. Terwyl Amber saam met haar vriendinne in die woud bessies versamel, verras ‘n gemaskerde man haar en bied aan om haar te help. So ‘n mooi jongvrou het hy nog nooit gesien nie, hy raak verlief op haar.
Wie is die gemaskerde man en hoe sal hy by die stam met hul streng wette en haar moeder verbykom? Sal haar broers hom toelaat om die vrou wat hul albei heimlik lief het, weg te neem?
Byt van die Bloedhond
Price range: R129.00 through R319.00’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort ná opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wêreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.
