Die 14 jarige Jade Delport skrik een nag wakker met die man voor haar bed wat sy nog haar lewe lank vrees. Daarna volg byna vier jaar van hel wat sy magteloos en in stilswye moet verduur. Sy sweer wraak en begin op skool al haar meesterplan bedink. Jade kom gou agter haar ma, Clare, lei haar eie geheime lewe waarvan haar magsbehepte man nie bewus is nie. Jade doen haar huiswerk deeglik en besef dat dit juis haar kaartjie na vryheid gaan wees. Na matriek verdwyn sy spoorloos, en word nooit gevind nie.
Royal Diamonds, die groot diamantreus in Namibië, stel ’n vroue diamant-sorteerder aan. Daar is veel meer aan Vonda Wallace, die 26 jarige rooikop-Amerikaner met die verleidelike lyf, as wat enige iemand vermoed of ooit sal besef. Royal Diamonds se gebou waar die diamante gesorteer word, word skielik deur kragonderbrekings geteister, en kort na die kragonderbrekings word daar telkens van die pakkies met die grootste karate vermis.
Die hoof van die Diamant-tak, by wie geen diamantdief nog ooit kon verbykom nie, kry nie die dief vasgetrek, óf die diamante opgespoor nie. Die bordjies word ergter verhang toe die vermiste diamante in sy kluis gevind word.
Hoe het die diamante daar beland? En wie is die wulpse Vonda Wallace regtig?
Skaakmat
Price range: R99.00 through R359.00Eliana Moore beland vasgevang in die invloedryke Malan-familie se glansryke, maar verstikkende wêreld. Agter luukse
hotelle, internasionale jag-ekspo’s en ’n sogenaamd onberispelike familienaam skuil manipulasie, beheer en stil
wreedheid. Wanneer sy verlief raak op Cameron Malan, erfgenaam van ’n magtige jagryk, word sy onwetend ’n pion in ’n
groter magspeletjie. Cameron moet kies tussen familieplig en die vrou wat sy hart onherroeplik verander het. Terwyl sy
dominerende moeder alles in haar vermoë doen om beheer te behou, word Eliana se geloof, selfwaarde en volharding tot
die uiterste beproef.
