EK KOM MET DONKERMAAN, is ’n ongewone, spannende liefdesverhaal. ’n Verhaal gevul met geheime, ontdekkings en die soeke na antwoorde. Perfek vir lesers wat hou van ’n intrige wat stadig ontvou. Wanneer die donkermaan verrys, word die grense tussen werklikheid en die onbekende dunner, en laat jou tot op die laaste bladsy wonder.
Stephanie le Roux, gebore en getoë op Sandvlakte, ‘n pragtige plaas in die Moordenaarskaroo, se liefde vir die Karoo en sy inwoners maak haar bemind. Almal, van die Moordenaarskaroo, tot ver verby die Tankwa Karoo, weet almal van Stephanie, die mooi blonde meisiekind, met maangoud in haar hare en sterre in haar oë.
Stephanie het nog altyd geglo sy het haar lewe onder beheer – maar wanneer ’n geheimsinnige man haar pad kruis, stuur dit haar op ’n onverwagte, vreemde reis wat haar goed beplande bestaan tussen die karoobossies en wye vlaktes, onherroeplik verander.
Saam met Stephanie, ervaar Sandvlakte se mense ook die ander kant van die lewe. Die ligte, komiese kant, die soet van die liefde, maar ook die donker kant van die dood.
Bloedrooi Papawers (Groot Druk
R179.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

Reviews
There are no reviews yet.