Die Lewe is geneig om tenminste één keer in ’n mens se lewe, vir jou ’n klap te gee. Jou van balans af te probeer ruk, en jou wêreld onderstebo te keer. Maar vir Twanette Greyling, het die lewe ’n hele paar klappe uitgedeel. Die vraag is net: Wat gaan sy daaromtrent doen? Twanette is ’n pragtige blondekop dokter by 2 Militêre Hospitaal in die mooie Kaap. Sy kry haar eerste klap toe sy haar pens en pootjies in ’n huwelik begewe. Min wetende dat dit al op die eerste dag sou begin skipbreuk lei. ’n Huwelik wat haar menswees en siel letterlik sou opvreet.
Na ’n uitmergelende hofgeding, besluit sy om by haar ouers in Nederland te gaan kuier, maar eers wil sy vir ’n week of twee Spanje se platteland gaan verken, vóór sy by haar ouers aansluit.
In Spanje word sy heeltemal van balans afgeruk deur ’n situasie wat haar dwing om aan die lewe vas te klou. Gelukkig vir haar is daar mense in Suid-Afrika, wat weer mense in Spanje ken, wat Twanette van ’n gewisse dood red.
Op pad na Leiden, is die klapuitdeler daarop uit om Twanette te vernietig… Soveel so, dat sy twee maal moet veg vir haar selfbehoud…
In Leiden, Nederland, begin lente, maar in Twanette se hart is dit steeds winter.
Gaan Twanette ooit weer ’n normale lewe lei na die ernstige trauma wat haar wil knak.
Gaan sy bly treur oor wat was, óf wat kon wees?
Dan, op ’n mooi lentedag, kry sy ’n bos tulpe met ’n nota daarby. Van wie af is die bos pragtige tulpe, en wat sou in die nota staan…?
Bloedrooi Papawers (Groot Druk
R179.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

renevdm123 –
Ek het Tulpe vir Twanette baie geniet. Die onverwagte kinkels het die verhaal interessant gehou en ek kon dit nie neersit totdat ek dit klaar gelees het nie.
Wel gedaan, Franciska!