Wanneer Jacques Louw, ’n man met ’n geskonde verlede en ’n hart vol geheimenisse, sy volbloed Arabierhings Amir na ’n internasionale perdekompetisie neem, vermoed hy nooit dat sy wêreld finaal uitmekaar geruk gaan word nie. ’n Onbekende Arabiese vrou en haar metgesel bied miljoene dollars vir Amir – maar wanneer Jacques weier, raak die spel dodelik. In die nag word sy ma ontvoer, sy troetelhond beseer en sy veilige wêreld op Rietput uitmekaar geskeur. Die losprys? Amir… en Jacques self. In ’n wedloop teen tyd word hy gedwing om na die Sahara terug te keer – die plek waar hy jare tevore probeer vergeet het… en waar die geheim van die “prinses van die duine” hom steeds teister. Met sy vriende aan sy sy, maar omsingel deur leuens, magte en woestynwetteloosheid, moet Jacques veg vir die mense wat hy liefhet. In die sandduine wag antwoorde, maar ook ’n prys wat moontlik te hoog is om te betaal…
Sending Woestynwolf (Grootdruk)
R169.00Wanneer ’n mediese tent in die Sudanese woestyn deur ’n aanval getref word, verander dokter Anja Siebert en haar kollegas se wêreld in ’n nagmerrie. Dokters word ontvoer, onskuldige mense vermoor en ’n seuntjie, Yara, verloor sy ma. Te midde van die chaos word ’n reddingsoperasie van stapel gestuur deur kaptein Gustav Minnaar en sy spesiale magte-span.
Vir Libbie Perreira is die verlede skielik weer lewendig. Die man vir wie sy eens lief was, staan nou aan die ander kant van die geweer.

Reviews
There are no reviews yet.