Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.
Duineprinses
R179.00Wanneer Jacques Louw, ’n man met ’n geskonde verlede en ’n hart vol geheimenisse, sy volbloed Arabierhings Amir na ’n internasionale perdekompetisie neem, vermoed hy nooit dat sy wêreld finaal uitmekaar geruk gaan word nie. ’n Onbekende Arabiese vrou en haar metgesel bied miljoene dollars vir Amir – maar wanneer Jacques weier, raak die spel dodelik. In die nag word sy ma ontvoer, sy troetelhond beseer en sy veilige wêreld op Rietput uitmekaar geskeur. Die losprys? Amir… en Jacques self. In ’n wedloop teen tyd word hy gedwing om na die Sahara terug te keer – die plek waar hy jare tevore probeer vergeet het… en waar die geheim van die “prinses van die duine” hom steeds teister. Met sy vriende aan sy sy, maar omsingel deur leuens, magte en woestynwetteloosheid, moet Jacques veg vir die mense wat hy liefhet. In die sandduine wag antwoorde, maar ook ’n prys wat moontlik te hoog is om te betaal…

Reviews
There are no reviews yet.