PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 4

Price range: R59.00 through R179.00

Welkom by Professor Tentaklus en Die Inkvisklub – die wildste, snaaksste en mees tentakel-tastiese klub onder die son!
Hier is elke dag ’n avontuur: van visdamreddings en melkskommel-oorloë tot broccoli-ontploffings en geheime
Tsunami-planne. Michie, Chelly, Jors en Marries – saam met die briljante maar soms dramatiese Professor Tentaklus en
natuurlik OumaRi – wys jou dat die lewe nooit vervelig is as jy dapper genoeg is om te lag, te droom en soms ‘n bietjie
te mors nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 3

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom terug by die Inkvisklub, waar tentakels, koekies en planne altyd deurmekaar raak! In hierdie derde avontuur leer
Jors, Michie, Marries, Chelly, en selfs Peanut, dat die lewe vol verrassings is: van sout-muffins wat soos ’n
wetenskap-eksperiment smaak, tot geheime dagboeke, prinsesplanne en jakkalsmaskerpieknieke onder die sterre. . Maar dis
nie net chaos en giggel nie – saam met Professor Tentaklus, die inkvis met ’n bril en ’n hart (dalk drie!), ontdek die
klub hoe klein woorde soos “asseblief” en “dankie” magiese kragte het, hoe vriendelikheid soos ’n vuurhoutjie ander se
harte aansteek, en hoe selfs ’n stilte-skool jou meer kan leer as ’n lawaaierige dag…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 2

Price range: R69.00 through R189.00

Welkom terug by Olienhoutdam, waar ’n gewone dag vinniger ontspoor as ’n skilpad op ’n skaatsplank! Jors, Marries,
Michie en Chelly dink hulle is slim genoeg om die Inkvisklub rustig aan die gang te hou … maar met Professor Tentaklus,
die wêreld se mees praatgierige inkvis, is “rustig” ’n woord wat sommer uit die woordeboek geskrap kan word. Hier wag
geheimsinnige briefies, eksperimente wat ontplof en ’n nuwe klomp geheime wat net wag om oopgekrap te word…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 1

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom by Olienhoutdam, waar NIKS ooit normaal is nie! Hier verdwyn sokkies in geheimsinnige wasmasjiene, skilpaaie hou
toesig oor vuil borde, en ’n inkvis met ’n professor-graad verskyn sommer skielik op OumaRi se vensterbank. Wanneer
Jors, Marries, Michie en Chelly by hulle ouma gaan kuier, is daar nooit stilte nie – net planne, ploffende
pannekoekwedstryde, spookstoepstories en ’n roomys-reënboog of twee…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geheim van die Kinders van die Maan

R169.00

“Geheim van die Kinders van die Maan” beskryf die avonture wat die Pretorius-gesin beleef na `n vliegtuigongeluk wat hulle weerloos in die diepe Kalahariwoestyn laat. Op hulle soeke na hulp vir hulle beseerde vader, word die twee Pretorius tieners deur die San gered en hulle ondervind die fassineerende lewenswyse en geheime van hierdie merkwaardige volk en die unieke wyse wat hulle met die natuur saamleef. Verder, beskryf die boek die opwindende gebeure en gevare wat die kinders moes trotseer, hoe hulle deur barbare ontvoer is, hoe hulle `n skatkamer ontdek het en ook hoe hulle op verrasende wyse ontsnap het en gered is. Die boek verskaf, deurgans, prikkelende, heilsame maar ook leersame leesstof wat beide ons jonger tiener seuns en dogters sal geniet.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Lugkasteel Stories

Price range: R79.00 through R179.00

Wat kry jy as ‘n fotograaf ‘n bundel kinderstories skryf? Foto’s van regte kinders wat die stories uitbeeld!
Lugkasteel Stories is ‘n versameling kortverhale vir kinders. Die goue draad wat dwarsdeur al die stories geweef is, is om jou drome (lugkastele) na te jaag en uit te leef.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bashoek Boek 9

Price range: R59.00 through R159.00

“Janet, kyk daar! Dis ‘n flenterhuis, uit die niet verskyn.”
Jasper Ras se nuuskierigheid ken geen perke toe hy sy tweeling suster Janet saam lok om na die flenterhuis te gaan kyk. So begin die raaisel van die vrou in die pad. Karel Jantjies, hul boesemvriend beland midde in ‘n geheime ontmoeting van sekere van Bashoek se inwoners. Jasper en Janet Ras word vasgevang in die portret in skerwe, maar Karel Jantjies en Roelien Karp werk hard om agter die waarheid van die flenterhuis te kom en hul skoolmaats te red.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page